Nelius Franken is betrokke by die verspreiding van God se Woord in die Noorde van Mosambiek deur Evangeliese leesmateriaal uit te deel.

 

Nelius vertel hoe wonderlik die Here aan hom voorsien wat hy nodig het om hierdie opdrag van die Here uit te kan voer. In die begin jare het Nelius die hele wêreld rond geval het vir boeke, nou voorsien Frontline baie boeke vir hom in Portugees vertaal.

Frontline het nou al feitlik die hele midde Afrika waar hulle rondry met drie voertuie, maar hul los Noord Mosambiek vir Nelius.

 

Hy doen die werk omdat Jesus vir hom gesê het: "Gaan en handel. Gebed is noodsaaklik maar daar moet handeling wees."

 

Net soos die dissipels begin handel het na Jesus opgevaar het, handel Nelius nou in die Noorde van Mosambiek.

 

Ons gemeente ondersteun hom met gebed en finansieel.