

"Hierdie gebooie wat Ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy oppad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet 'n merk op jou voorkop wees." Deut 6:6-8
Senior Kategese
Hier by Buffeljagsgemeente gee ons om vir ons kinders en jongmense en neem ons verantwoordelikheid saam met hulle ouers, om hulle geestelik te help toerus vir die uitdagings van die lewe daar buite.
Die dominee neem leiding, maar ons het JOU hulp nodig. Al kan jy net 1 keer 'n kwartaal help sal ons dit baie waardeer.
