Om God se Liefde vir ons familie en gemeenskap so sigbaar te Leef, dat dit die wêreld sal verander.

Visie

 God se liefde:

>>God se liefde is onvoorwaardelik, konstant, geduldig, sagmoedig >>God se liefde veroorsaak nie verdeeldheid nie >> Vernuwe ons denke >> God se liefde kom voor die liefde vir onsself >> Vul ons met blydskap en ontsag 

Liefde vir ons familie en gemeenskap:

>>versorg mekaar in liefde >> help met die opbou van die Liggaam van Christus >> Help mekaar toerus met gawes >>Aanvaar ander se Gods-belewenisse as werklik en relevant >>onthou dat die liggaam van Christus verskillende lede met verskillende gawes nodig het >> aanvaar ander se verskille in die naam van 'n Gemeenskaplike Vader >>Bid saam dat die gemeenskap toegerus sal word deur die Heilige Gees om 'n lewe van Geloof en Oorwinning te leef

 Leef elke dag so:

>> Ons lewe moet getuig van ons geloof >> 24uur en 7dae van die week moet ons vir God leef, nie net Sondae >> Ons Gawes moet oorgaan in Diens >> Ons "normale lewe" moet 'n "God-gedrewe" lewe wees.

Die wêreld sal verander:

>>Ons moet die wêreld een persoon op 'n slag verander >>Die wêreld begin by die persoon naaste aan my >> Ons moet leef as God se dissipels >>Ons lewe moet 'n getuienis wees van Buffeljagsrivier tot in die uithoeke van die wêreld >>ons moet bereid wees om te gaan waar God my stuur.