top of page

Lewende Water

Ysbreker: As jy al heel dag dors is, wat is jou gunsteling ding om te drink?


Open met gebed


Vraag: Hoe lank kan 'n mens sonder kos oorleef? 21 dae
Vraag: Hoe lank kan 'n mens sonder water oorleef? 3 dae

Vraag: Vir wie was die laaste 18 maande maklik?
Noem: Met Covid, dood, homeschooling, beurtkrag….. dit was seker vir niemand maklik nie.

Vraag: Wie het in hierdie tyd moedeloos gevoel? Wat maak jou moedeloos?
Vraag: Die laaste 18 maande het vir meeste gevoel soos 'n saak van oorlewing in 'n droë woestyn. Dis asof jy die heel tyd dors is. Wat doen jy gewoonlik met hierdie gevoel van moedeloosheid?

Vraag: Kon jy hierdie "moedelose" gevoel deel met jou vriende? Met jou Groei-groep? Of was jy onseker oor wat toegelaat en verantwoordelik is? Was jy dalk bang dis net jy wat so voel?
Noem: Soms probeer ons so hard om te oorleef - dat ons dood gaan. Soms worry ons so baie dat dit moet lyk of ons alles onder beheer het, dat ons nie vir ander vertel dat ons sukkel of swaarkry nie.

Vraag: Wat gee jou vandag HOOP? Wat gee jou LEWE?

Lees: Esegiël 37:1-14

Kyk video: www.youtube.com/watch?v=PgmAkM39Zt4

Vraag: So wat is die bron van LEWE vir my en vir jou?
Noem: God se Gees gee ons ware Lewe. God se Gees is die Lewende Water. Nie sukses by die werk, baie geld, 'n sub 3uur Cycle Tour, vakansie in Europa, nuwe huis, 'n strandhuis, koffiemasjien nie. In werklikheid verskaf hierdie net soveel waarde as 'n Faceook "like". Dis is 'n kortstondige dopamine shot. 
Noem: Sonder God is ons net 'n sak droë bene wat in 'n woestyn probeer oorleef. Terwyl ons alles net vir onsself wil opgaar raak ons soos die dooie see - dood met geen lewe. As jy die Lewende Water ontvang moet jy dit laat deurvloei na ander - nie net opgaar nie.

Lees: Johannes 4:10-15
Lees: Johannes 6:35
Lees: Psalm 1:1-3

Vraag: Hoekom is die mens op aarde gesit?
Noem:    

1) Om lief te wees vir God  
2) Om lief te wees vir ons naaste
3) Om dissiepels te maak

Noem: So hou op om in jou donker hoekie weg te kruip. Begin weer leef. Leef saam met jou naaste. Leef saam met God.

Retoriese Vrae:
1) Maak jy nog tyd in jou dag om Bybel te lees en te bid?
(Tyd met God)
2) Hoe gereeld gaan jy na 'n Erediens? Groei-groep? (Tyd met jou mede gelowiges)
3) Wanneer laas het jy jou seer/geluk/oorvloed met 'n vriend gedeel? (Tyd om te Connect)

Vraag: Hoe lank kan ons sonder God oorleef? Ons hele lewe lank.
Vraag: Hoe lank kan ons sonder God LEEF? Vir 'n LEWE in OORVLOED, kan ons nie een dag sonder God wees nie.

Sluit af met Gebed
 

Screenshot_20211024-120109_Instagram.jpg
bottom of page