top of page

"Can you relate"

Ysbreker: Vir watter rugby span skree jy? Hoekom?


Open met gebed


Vraag: Hou jy van konflik of vermy jy dit?

Vraag: Wat is 'n tipiese ding wat mense sê of doen wat jou ontstel?

Noem: Covid, dinge oor kerk, politiek, Black lives matter, ens.

Vraag: Hoe reageer jy gewoonlik wanneer iemand iets sê wat jou ontstel?

Noem: Jy sê hulle is belaglik, jy dink hulle is belaglik, jy verduidelik vir hulle hoekom hulle verkeerd is.

Vraag: Hoekom dink jy ontstel dit jou so baie?

Noem: Dit voel vir ons dat die ander persoon sê dat wie ek is en wat ek dink nie waarde het nie. Dat ek dom is.

Vraag: Dink jy ooit (voor jy reageer) hoe jou reaksie dalk by die ander persoon die indruk kan skep dat jy dink wat hulle sê is dom en het geen waarde nie?

GROOT Vraag: Is dit in vandag se tyd (waar ons oor so baie dinge met mekaar verskil) vir ons nog moonlik om te kan "relate" tot ander mense?

Vraag: Een van Jesus se grootste eienskappe was sy deernis en diep medelye. Empatie. Compassion. Jesus het die vermoë gehad om mense te laat voel dat Hy luister en omgee - voor Hy hulle in die regte rigting stuur. Wys ons as Christene ook daardie "compassion" vir die verdeelde wêreld waarin ons vandag leef?

Vraag: Dink jy daar is 'n kans dat ons almal eintlik pyn, vrees, geluk, hoop en hartseer ervaar - net op verskillende maniere? Dalk wil ons almal hê dat Covid net verby moet gaan, dat Loadshedding moet stop, dat my kinders sal gelukkig wees in die skool, dat ek my werk sal behou, dat my huwelik sal oorleef, dat die kerk nie sal toemaak nie, dat ek doen wat God wil hê ek moet doen....... 

Kyk: Video 1

Kyk: Video 2

Lees: Rom 12:13-21

Lees: Matt 5:9

Lees: Jak 3:13-18

Lees: Spreuke 11:12

Noem: Voor jy oordeel, probeer verstaan. Voor jy praat, probeer luister. Voor jy reageer, gee jouself 10 sekondes om te herkou wat God van jou reaksie gaan dink.

Lees hardop:

I don't know what it's like to be you
You don't know what it's like to be me
What if we're all the same in different kinds of ways?
Can you relate?

 

I don't know what it's like to be you

You don't know what it's like to be me

But by the Grace of God we'll see each others heart

Can you RELATE.

Sluit af met gebed.

bottom of page