top of page

GAWES

Ysbreker: As jy ‘n celebrity kon wees, wie sou jy wou wees? Bv: Pollard, Jhonny Clegg, Jacob Zuma

Open met Gebed

Vraag: Wat is Gawes?
Lees: 1 Korintiërs 12:4-11
Noem: Gawes is geskenke van God wat deur die Gees aan gelowiges gegee word om hulle toe te rus om mekaar te dien en ‘n verskil te maak in jou gemeente en gemeenskap. Gawes is spesiale vermoëns wat jou toelaat om ‘n unieke bydrae tot voordeel van ALMAL te maak.

Vraag: Kry almal Gawes?
Lees: 1 Korintiërs 12:7 en 1 Korintiërs 12:11

Noem: Elke gelowige het minstens een Gawe.
Noem: Daarom behoort/kan elke gelowige ‘n dienaar wees.

 

Vraag: Is sommige Gawes meer belangrik as ander?
Noem: Nee. In God se oë is alle gawes belangrik en spesiaal.

Vraag: Wat dink jy is jou Gawe of Gawes?
Doen: Wanneer almal klaar gesê het wat hulle dink hulle Gawe of Gawes is - sê dan as groep elkeen vir daardie persoon wat julle dink haar of sy gawe is.

 

Vraag: Hoekom gee God vir ons hierdie Gawes?
Lees: 1 Korintiërs 12:14-20

Noem: Ons kry nie hierdie Gawes slegs om onsself te bevoordeel of selfs om op ons eie God te dien nie, maar ook om as deel van die Liggaam van Christurs God te verheerlik en te dien. 
Noem: Dien as deel van ‘n Gemeente. Dien as deel van ‘n Gemeenskap. 
Noem: Elkeen het ‘n verantwoordelikheid om sy rol te speel in die Liggaam van Christus.

Vraag: Hoe weet ek of ek my Gawes reg gebruik? Vra jouself die volgende vrae:
1) Verheerlik dit God?
2) Is dit tot opbou van ander en tot uitbou van God se koninkryk?

Lees: 1 Korintiërs 13:1-7 en 1 Korintiërs 14:1-5

Vraag: Hoe gebruik jy tans jou Gawe om te dien in jou gemeente? En as jy nog nie betrokke is nie, waar sal jy graag betrokke wou wees?
Doen: As iemand nog nie betrokke is nie, sê as groep waar julle as groep-lede dink so persoon sou  goed kon help in die gemeente.

Lees: Jakobus 2:26 "'n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood."

Bonus Vraag: As ganse die "common sense" het dat om saam te vlieg hulle in staat stel om beter en verder te kan vlieg - hoekom sukkel Christene so baie om hul Gawes en talente as gemeente saam te gebruik tot voordeel van almal? (trots, selfsug, ego, onverdraagsaamheid…..)

Sluit af met gebed

bottom of page