top of page

VOORSPOED

Ysbreker: Beskryf jou perfekte Saterdag.

Open met Gebed

Vraag: Hoe leef 'n goeie mens? 
Noem: Vloek nie. Help by die SPCA. Steel nie. Borsel sy tande. Ry nie vinniger as 120km/h nie.

Vraag: Voel jy soms dat iemand wat 'n "goeie mens" is, meer voorspoed as ander verdien?
Noem: Natuurlik. Dis tog net regverdig dat "goeie" mense meer voorspoed kan ervaar..…

 

Vraag: Wil God hê dat ons "goeie mense" moet wees?
Noem: Nee. God wil hê dat ons Christene moet wees. 

 

Vraag: Wat beteken dit om 'n Christen te wees?
1)    Glo in God
2)    Wees goed vir jou naaste en raak deel van 'n Geestelike Familie (gemeente)
3)    Bestudeer God se Woord
4)    Help dié wat minder as jy het.
5)    Getuig teenoor die wêreld wat God vir jou beteken

Vraag: As ek 'n goeie Christen is en al hierdie dinge doen - sal dit dan "goed" gaan met my?
Noem: As jy met "goed gaan" bedoel dat jy vrede in jou hart sal hê en dat God vir jou sal sorg, dan is die antwoord "ja". As jy bedoel 'n nuwe bakkie en strandhuis en dat jy nooit weer sal siek word nie…. Nee.

Lees: Lukas 6:20-26
Lees: Johannes 9:1-3
Lees: Matteus 5:43-47

Vraag: Hoekom gebeur daar soms slegte goed met ons?
1)    Ons leef in 'n sondige gebroke wêreld
2)    Agv ons eie swak keuses en besluite
3)    Agv iemand anders se swak keuses en besluite

Onthou: Maak nie saak watter van die 3 bogenoemde redes jou in die moeilikheid gekry het nie - hou vas aan God (soos Job). Ons God is liefdevol, verdraagsaam, geduldig. Hy sorg vir ons. As God ons moes straf met siekte en armoede elke keer wat ons sondig of ongelowig optree, sou niemand op aarde baie lank kon leef nie.

 

Vraag: Voel jy nog steed dis bietjie onregverdig dat goeie Christene teêspoed moet ervaar?
Noem: Kyk dan na Jesus. Hy was nie ryk nie en het baie teëspoed ervaar - al was Hy die Seun van God. Jesus was liefdevol en verdraagsaam teenoor arm, siek en sondig. Jesus was 'n vriend vir dié wat ander as onbelangrik gesien het en het sy lewe vir ander gegee. Laat ons ook dan so wees. Ware geluk lê by God, nie in goed nie. Sonder GOD se liefde is ons arm.

 

Vraag: Hoekom is dit makliker vir 'n arm man om in die Hemel te kom as vir 'n ryk man?
Noem: 'n Ryk man maak staat op sy eie geld & vermoëns, die arm man het niks - hy maak staat op God.

Lees die stukkie hieronder en Sluit af met gebed

IMG-20220219-WA0000.jpg
bottom of page