top of page

BERGTOP OOMBLIKKE

Ysbreker: As jy 50% afslag kon kry in enige winkel – watter winkel sou jy kies?

Open met Gebed

Vraag: Hou jy daarvan om in die berg te gaan stap? Hoekom? 
Noem: Jy hou van die vars lug en die stilte. Jy hou van die oefening. Jy ervaar God in die natuur.

Noem: As ons in die berg gaan stap kry ons soms die geleentheid om in die stilte en mooi natuur vir God te kan ervaar en met God te gesels. Jesus het ook baie daarvan gehou om in die berg te gaan stap.

Lees: Markus 9:2-8

Vraag: Hoekom dink julle wou Petrus 'n klomp hutte bou?
Noem: Die dissipels het Jesus in sy volle Goddelike heerlikheid gesien. Hierie oomblik maak hulle opgewonde, maar verwar hulle ook. Hulle is onseker wat om met hierdie "bergtop oomblik" te maak. Dis so GROOT dat hulle eintlik daar wil bly, maar Jesus bring hulle weer af van die berg.

Vraag: Hoe/waar maak jy tyd in die week om God te "beleef"?

Vraag: Wat moet ons doen om sulke "bergtop oomblike" te kan beleef?
Noem: Besef dat "bergtop oomblike" nie net op hul eie gebeur nie. Jy moet ophou "rondhardloop" en tyd maak vir God. Jesus en die dissipels moes hier tyd maak om 'n hoë berg te klim. Toe God aan Moses verskyn het in Eksodus 24, was daar 6 dae van voorbereiding. Om 'n "bergtop oomblik" te kan hê moet jy die tyd maak om jouself in 'n posisie te plaas waar dit kan gebeur. As ons die hele tyd besig is met "goeie dade" gaan ons nie tyd kry vir sulke oomblikke waar ons kan rus by God nie.

 

Vraag: Hoe kan ek myself beter posisioneer?
1)    Maak tyd om stil te raak vir Gebed en Bybel lees ('n berg of jou slaapkamer).
2)    Maak tyd vir die samekomste van gelowiges (Erediens, Groei-groep)
3)    Bid saam met iemand (
Wêreld biddag, Groei-groep, voor Erediens)
4)    Lees saam met ander Bybel (Bybel-studie, Groei-groep)
5)    Wees 'n dienaar vir die wat minder as jy het. Die honger & siek. Of by jou kerk.
6)    Voor jy groot of klein projekte by die werk, huis of kerk aanpak - bid saam.

 

Vraag: Ons geloof gaan nie net oor goeie dade nie (al is dit ook belangrik), dit gaan ook oor hoe ons God ervaar. Oor "bergtop oomblikke. Hoekom is hierdie oomblikke ook belangrik?
Noem: Wanneer ons God se Grootheid ervaar gee dit ons energie en vernuwe ons geloof. Dit gee nuwe betekenis aan die goeie dade wat ons probeer doen. Dis sulke "ervarings" waar ons die swaar las wat op ons skouers rus vir God kan gee. Daardie oomblikke is ons oasis in die woestyn.

 

Vraag: Wat moet ons doen wanneer ons 'n "bergtop oomblik" gehad het?
Noem: Kom af van die berg en wees 'n dienaar waar God jou wil hê. Net soos Jesus hier doen. Moenie op die berg of in jou kamer wegkruip met die Bybel onder jou arm nie. Wees soos Jesus - gaan was ander se voete.

 

Vraag: Moet ons dade iets "groot" wees?
Noem: Wanneer ons hoor "bergtop oomblik" dan dink ons "Everest" maar wat God sê is "raak stil saam met my, luister na my, ervaar my". Wanneer ons hoor "groot dade" dan dink ons "skenk miljoene rande en laat wonderwerk gebeur", maar wat God sê is "wees lief vir jou naaste en sorg uit dankbaarheid vir die wat minder as jy het". 

 

Sluit af met gebed
 

bottom of page