top of page

Liefde

Menswaardigheid

Week 2: Liefde (les 2 van 5)

(as jy week 1 gemis het - doen dit eers)

 

Ysbreker: Wie was jou gunsteling onderwyser op skool?


Open met Gebed


Doen: Elkeen kan nou sê wat sy toets die vorige week gesê het.


Vraag: Wat moet iemand vir jou doen sodat jy sal voel hulle is waarlik lief vir jou?


Vraag: Wat is die belangrikste om te onthou, as jy liefde aan iemand wil betoon?
Noem: Dat dit meer moet gaan oor die ander persoon as oor jouself. Jy moet probeer doen wat die ander persoon sal ervaar as liefde, nie wat jou sou laat goed voel nie.
 

Vraag: Wat is die grootste verskil tussen God se liefde en ons as mens se liefde?
Noem: God se liefde is onvoorwaardelik en soek altyd wat die beste is vir ons, al stel ons Hom teleur.
 

Vraag: As jy vir jou vrou ‘n bos blomme koop en sy lyk nie opgewonde genoeg nie en sê nie eens dankie nie, sal jy weer vir haar blomme koop?
Noem: Vra jouself af of jy die blomme gekoop het vir erkenning, of om jou vrou gelukkig te maak. Dan behoort jy haar te vra wat pla eerder as om jouself te belowe om nooit weer blomme te koop nie. Of koop volende keer ‘n sjokolade.
 

Lees: Lukas 7:36-50 > Die vrou wat Jesus se voete met reuk-olie salf.

Vraag: Hoekom salf die vrou Jesus se voete met reuk-olie?
Noem: Sy doen dit uit dankbaarheid omdat Jesus haar sondes vergewe het. Nie omdat sy iets verwag daarvoor nie. Sy doen dit uit liefde, agv dankbaarheid vir wat Jesus reeds gedoen het.
 

Vraag: Hoe wys Jesus sy liefde vir ons?
Noem: Deur te sterf aan ‘n kruis. Deur ons onvoorwaardelik lief te hê en altyd bereid is om ons te vergewe vir ons sondes. Maak nie saak wat ons doen nie, God gee nooit moed op nie.
 

Vraag: Hoe wys Jesus sy liefde vir ander deur my ?
Noem: Ek moet probeer om soos Jesus te maak en mense te vergewe wanneer hulle iets verkeerd gedoen het en ons teleurgestel het. Ons moet mekaar help en vergewe as die ander persoon nie perfek optree nie – almal maak foute, ook ek en jy. 1 Kor 13:1 Wat is liefde?


Vraag: Hoekom moet ons dit doen?
> Nie omdat dit “die regte ding” is om te doen nie, maar omdat dit ‘n opdrag van God is. 
> Omdat Jesus dit reeds vir ons gedoen het, sonder dat ons dit verdien.
> Omdat ek as Christen anders behoort op te tree as die ongelowige wêreld daar buite.

 

Vraag: Wie het jou al verras met sulke liefde?
 

Vraag: Vir wie sou jy graag wou verras met sulke liefde?

Hierdie was les 2 in 'n reeks van 5 lesse:

Les 1: Menswaardigheid

Les 2: Liefde (hierdie les)

Les 3: Luister

Les 4: Omarm

Les 5: Respek

Sluit af met Gebed
 

MenswaardigheidPosters_Liefhê.jpg
MenswaardigheidPosters_Liefhê2.jpg
bottom of page