top of page

Die krag van Gewoontes

Ysbreker: Wat is 'n gewoonte wat jy graag sou wou aanleer of afleer?

Open met Gebed

 

Vraag: Noem iets uisonderliks wat jy al gedoen het. (Argus gery, uitreik in Mosambiek, 60 hotdogs geëet)

 

Vraag: Wat beteken die volgende: "We are what we repeatedly do. Excellence, then, is not an act, but a habit." ~ Aristotle
Noem: Jy kon dalk met ‘n uitsonderlike aksie belangrike lesse geleer het, maar jou karakter word nie gebou deur dinge wat jy nou en dan doen nie; dit word gebou deur die dinge wat ek en jy die meeste van die tyd doen. Dit geld vir individue en gemeentes. Die vraag is nie of julle nou en dan ‘n vakansie-uitreik reël, saam bid of kategese hou nie. Die vraag is: Wat gebeur die meeste van die tyd?

 

Vraag: Jaco Strydom noem dat Jesus meer gepraat het oor hoe ons moet lewe as oor wat ons moet glo. Moet ons nie dalk meer vra “Wat doen ‘n Christen” ipv net vra “Wat glo ‘n Christen” nie?


Vraag: Wat sou jy sê is goeie "Geestelike Gewoontes" vir 'n individu?
 

Vraag: Wat sou jy sê is goeie "Geestelike Gewoontes" vir 'n gemeente?


Vraag: Waarom is Geestelike Gewoontes (iets wat jy gereeld doen) so belangrik? 
Noem: As jy Geestelik wil groei, het jy beter gewoontes nodig, nie beter uitsonderings nie. Die uitsonderings in my dieet (daai 1 dag wat jy net blaarslaai geëet het) het minder invloed as die Bar-One & Coke wat ek elke middagete saam met my toebroodjie geniet. Geestelike Gewoontes is die rots in die storm. 


Vraag: Gaan jy ‘n six-pack kry as jy glo gesond eet en oefen is die regte ding om te doen?
Noem: Nee. Jy moet daardie leefstyl iets maak wat jy gereeld doen.
Noem: Gaan jy 'n Springbok raak as jy elke dag 5 protein shakes drink en niks oefen? Nee, jy gaan net opblaas.

Hoe het die vroeë kerk geleef?

Lees: Handelinge 2:44-47

 

Vraag: Sou jy sê ons leef vandag in ‘n tyd van “storms”? (COVID-19, Armoede, geweld, plaasaanvalle, ens)
 

Vraag: Dink jy dinge was makliker vir die “vroeë kerk” in Handelinge as vandag? 
Noem: Die vroeë kerk het min g
eld gehad en was vervolg as hulle in die openbaar getuig het. Hulle het nie eens Bybels gehad nie.  En tog was dit die tyd in die geskiedenis wat die kerk die vinnigste gegroei het.
 

Lees: Matteus 5:14-16
Noem: Volgens Jesus sal daar storms wees. Dis ‘n gegewe. God trek nie Sy kinders voor nie, die storms tref ons almal. Of ons huis gaan staan of val in die storm, sal bepaal word deur die vraag of ons net gaan hoor wat Jesus sê, en of ons prakties gaan raak en iets gaan begin doen.
 

Noem: Hier is 5 van die geloofsgewoontes wat die vroeë kerk geleef het en gehelp het om te groei: 
1) Tyd in afsondering & gebed

2) Reis lig

3) Leef in eenheid

4) Wees goed vir jou vyande

5) Gee om vir die wêreld.
 

Vraag: Kan ek nie maar net Bybel lees en kerk toe gaan nie?
Noem: Dis ‘n goeie begin, maar n klomp dinge in die evangelie maak eers sin as jy dit leef. Nie as jy dit dink nie, maar as jy dit doen. Genade en Vergifnis is iets wat eerstens beleef en beoefen moet word. Dis belangriker om te doen soos Jesus gedoen het as om te praat oor Jesus. Jesus het nie gesê: “Ek was honger en julle het vir my gepreek, dors en julle het Bybelstudie gehou, ‘n vreemdeling en julle het ‘n debat oor xenofobie gevoer nie. Hy het gesê: Ek was honger en julle het vir My iets gegee om te eet, dors en julle het My iets gegee om te drink, ‘n vreemdeling en julle het my gehuisves” Dit is hoe prakties die Evangelie is! Die Gee
stelike pad word gestap. Ons ontdek deur te doen. Deur op te daag – en aan te hou opdaag.

 

Lees: Jakobus 2:26
 

Sluit af met gebed

Kyk/luister ook gerus na hierdie Youtube video waar Jaco Strydom by NG Weltevreden gepreek het oor sy boek "Leef Lig" tydens die gemeente se 2022 Pinkster.
bottom of page