top of page

Leef in eenheid

 

Ysbreker: Hoeveel tyd per dag spandeer jy op jou foon of rekenaar? Aan wat?
 

Open met Gebed
 

Vraag: Hoekom dink jy is jongmense (en grootmense) so verslaaf aan whats-app, Facebook, Instagram, ens?
Noem: Die mense is gemaak vir “connection”/verhoudings/gemeenskap/”community”. En in ‘n verhouding-arm wêreld is hierdié opsies waarna mense gryp. Maar dis soos beskuit sonder suiker of sout. 

 

Vraag: Waarom was die verhoudings van die vroeë kerk beter as vandag?
Noem: Die wêreld leer ons om onafhanklik, krities en perfek te wees. Self-sufficient en slim. Dalk doen ons dit te goed. Of dalk “fake” ons dit net goed. Dalk is ons bang mense sien ons is nie perfek nie. 
Noem: Dalk omdat die ou kerk tyd gemaak het om saam te eet, saam te bid, saam te leer. Minder ego’s.
Noem: Vrees dat iemand ons geld gaan vat. Ek dink ander is te dom of arm om my iets te kan leer of bied.

 

Lees: Hand 2:44-47
 

Vraag: As Paulus ‘n rassis of snob was wat die “messiness” van mense wou vermei, waar was die kerk vandag?
Noem: Daar sou geen kerk gewees het as Paulus ‘n boom met diep wortels en geen vrugte was nie. As Paulus 'n rassis was, was ek en jy nie van "sy mense" nie. Paulus het nie gesê “my behoeftes” & “my mense” eerste nie. Paulus het met Geduld & Liefde van vreemdelinge, Broers en Susters gemaak. Die “messiness” en moeite van “community” kon hom nie stop nie. 

 

Vraag: Wat moet 'n kerk vermei? Waarvoor moet 'n kerk versigtig wees?
1) Om slegs 'n organisasie te wees wat geestelike byeenkomste reël met slegs 'n boodskap en liedjies.
2) Om 'n "click" te wees wat slegs vir hulleself bestaan.

Vraag: Pseudo-community is conflict-avoiding; true community is conflict-resolving – Scott Peck Bespreek.
 

Noem: Peck beskryf in een van sy boeke dat gemeenskapsbou tipies deur 4 fases gaan: 
1) Pseudo-community (waar jy “verlief” is en oor alles saamstem, waar jy vir die meisie sê jy hou van slaai) 
2) Chaos (waar jy & jou nuwe vriend besef julle stem nie saam oor alles nie, jy erken jy hou eintlik van tjops) 
3) Emptiness (die oomblik wat jy erken jy weet nie alles nie & jy is bereid om jou opinie te gee, maar ook te luister. Hiervoor moet jou ego “doodgaan”. Waar jy erken dat al hou jy van tjops, jy hoor dat slaai gesond is.)
4) True Community (dis waar Empatie ontwikkel, waar slaai en tjops kan saam bestaan op een bord)

 

Noem: Die grootste bedreiging van eenheid & geestelike groei is mense wat die hele tyd alles te persoonlik opneeem.  Baie verhoudings eindig in Chaos  agv onvolwassenheid, ego’s en selfsug. Sonder Empatie is true-community onmoontlik. Community is a group of people who agree to grow together.

 

Vraag: Wat is die verband tussen ons eenheid en ons getuienis?
Noem: Ons eenhied is ons grootste getuienis! Dit wys dat ons boodskap van liefde, genade en omgee vir ons werk! Ons eenheid met mekaar nooi die wêreld, nie net om te kom luister nie, maar om te kom kyk.

Lees: Johannes 17:18-23

Noem: As volgeling van Jesus is dit ons groot uitdaging om mense te probeer sien soos God hulle sien.
 

Vraag: Is ander Christen kerke (Josh Gen, St Lukes, Hervormers, Mullersrus huiskerk, Railton VGK) deel van die Ligaam van Christus? Natuurlik is die antwoord "ja".

 

Vraag: Kan die wêreld sien dat ons hulle so behandel? 

 

Vraag: Hoe sien Jesus hierdie gemeentes/groepe?

 

Lees: Lukas 15:1-2

Lees: Kolossense 3:11 

Lees: Galasiërs 3:28
Noem: Jy leer die meeste by mense wat anders dink as jy. Die alternatief vir “krummels gooi vir die armes”, is nie om brode te gooi nie, maar om ‘n maaltyd te deel. Ons programme & strategiese idees, sal vanself begin gebeur as ons gereeld saam pret het. So kry die tjops en slaai en nooi iemand vir ete. Vir Jesus is Liefde nie geloofwaardig as ons dit op ‘n afstand moet skree nie, dit word eers geloofwaardig as jy so naby kom dat jy dit kan fluister. Kerk behoort ‘n plek te wees waar volgelinge van Christus kan Broers en Susters raak. 

 

Sluit af met Gebed
 

Kyk/luister ook gerus na hierdie Youtube video waar Jaco Strydom by NG Weltevreden gepreek het oor sy boek "Leef Lig" tydens die gemeente se 2022 Pinkster.
bottom of page