top of page

Reis Lig

 

Ysbreker: Wat is die mooiste/lekkerste staproete wat jy al gestap het?


Open met Gebed


Vraag: Wat is een van die grootste foute wat mense op ‘n multi-dag stap maak?
Noem: Hulle vat te veel goed saam. ‘n Swaar rugsak. Onnodige gewig kan selfs die mooiste uitsig belemmer.

Vraag: Dink gou hoeveel “ekstra goed” ons deesdae nodig het om 'n  “gelukkige lewe” te kan leef?
Noem: Selfoon, Internet, DSTV, Flat Screen TV, Privaat skole, oorsee vakansie, duur bergfiets - 50 jaar terug het ons nie hierdie goed nodig gehad om gelukkig te wees nie. En verseker nie in die vroeë kerk se tyd nie.

Vraag: As die vroeë kerk so baie met so min kon regkry, hoekom sukkel ons vandag so?
Noem: Ons wil graag “die kerk” die skuld gee. En as ons sê "die kerk", dan praat ons van die dominee. Die dominee is te lui, te lig, te vriendelik, te kwaai... Die dominee is een van baie in 'n kerk. Dalk moet ons as lidmate ophou om die ds. die skuld te gee en self meer betrokke raak. Die lidmate is "die kerk".

Vraag: Hoe verskil die rugsak van “vandag se mense” met die rugsak van “die vroeë kerk se mense”?
Noem: Die vroeë kerk se rugsak was ligter (minder aardse goed) en het baie plek vir God gehad. As ek elke 2de Sondag erediens bywoon en uithelp by die Vleisfees is ek dan ‘n “goeie Christen”? Waar is die saam leer, saam bid, saam omgee, saam aanbid? Vandag se mense” se rugsak is swaar, met min of geen plek vir God.

 

Vraag: Hoeveel plek in jou rugsak hou jy oor vir God? (dalk retoriese vraag)


Lees: Matt 8:19-22

Lees: Matt 19:16-24
Noem: Ons sal ons rugsakke ligter moet maak van Wêreldse dinge en meer plek moet maak vir God se dinge as ons wil hê ons boodskap (getuienis) moet swaarder weeg.

 

Vraag: Maar om dinge uit jou sak te haal is nie maklik nie. Om gewig te verloor is pynlik. Wat staan in jou pad?
Noem: Vir baie van ons is dit ons ego. Ons vrees vir ons en ons familie se t
oekoms. “God created man in his image, and man, the gentleman he was, decided to return the favour” – George Bernard Shaw. As ons weer sien dan skep ons 'n God wat inpas by ons eie beeld, agenda en planne. Lees: Lukas 16:13

 

Vraag: Wat is die teenoorgestelde van LIEFDE? 
Noem: Dit is nie haat nie. Dit is selfsug. Is dit verkeerd om ryk te wees? Nee. Maar dis verkeerd om suinig te wees en vir niemand om te gee nie. Ons prioriteite wys op die ou end die duidelikste in ons begrotings en op ons kalenders – en dis waar vir individue en gemeentes. Ons het tyd en geld vir die dinge wat vir ons belangrik is. Lees: Hand 4:32-35

Noem: “Ek sal jou seën om ‘n seën te wees,” het God vir Abraham gesê. Ek & jy is nie veronderstel om ‘n dam te wees wat opvang & bymekaarmaak vir onsself & ons groepie nie. Ons moet ‘n rivier wees waardeur die goedheid & genade wat ons ontvang het na die wêreld kan vloei. Lees: Luk12:13-21

 

Vraag: Hoe kan ek weet of iets nie in my rugsak behoort te wees nie?
Noem: ‘n Man begin kap met ‘n hamer en ‘n bytel aan ‘n groot stuk rots. Sy vriend kom verby en vra hom waarmee hy besig is. “Ek maak ‘n standbeeld van ‘n perd”, antwoord die man. “Wow, dis seker erg moeilik,” sê die vriend. “Nee,” sê die man, “glad nie. Jy kap net alles weg wat nie soos ‘n perd lyk nie.” Hierdie is ‘n goeie metafoor vir dissipelskap. Vra vir God wat jy moet wegkap om meer soos Hy te kan lyk.

 

Vraag: Hoe kan ek meer leer oor hoe om soos Jesus te leef?
Noem: Lees weer ‘n slag die 4 evangelies. Of lees Lukas en Handelinge. Of lees die Bergrede Mat5-7.

 

Vraag: Wat is van die items wat jy uit jou stapsak moet haal om plek vir God te maak en ligter te kan leef?

 

Sluit af met gebed
 

Kyk/luister ook gerus na hierdie Youtube video waar Jaco Strydom by NG Weltevreden gepreek het oor sy boek "Leef Lig" tydens die gemeente se 2022 Pinkster.
bottom of page