top of page

Gee om vir die wêreld

 

Ysbreker: Vertel van 'n interessante plek waar jy al was. 


Open met Gebed


Vraag: Wat is die laaste opdrag wat Jesus vir die dissipels gegee het?

Lees: Matt 28:19-20
Noem: Gaan na al die nasies toe. Nie net die wat soos jy lyk en doen nie. Of die waarvan jy hou nie.

Vraag: Wat hoor jy as jy Johannes 3:16 lees?
Vraag: Hoor jy "God het my so lief gehad…. sodat ek nie verlore sal gaan nie"? Of hoor jy "die wêreld"?

 

Vraag: In Matt 28:19 en Johannes 3:16 - wie is "die wêreld"?

Noem: dis alle mense op aarde. ALMAL.

 

Vraag: Sukkel jy ook soms om te verstaan hoekom ons kerk sendelinge in ver lande ondersteun? Daar is so baie honger kinders in Afrika? En kyk net al die nood in ons eie dorp? Ons moet seker eers hier help?
Noem: Die waarheid is natuurlik, ons moet hier en daar omgee. Ons verval te maklik in 'n "ons" en "ons mense eerste" en "ons plek eerste" mentaliteit. Ons moet versigtig wees om kritiek te lewer op mense wat in 'n ander land sendingwerk doen of by bv die Rooikruis of UNICEF help. Dieselfde argument kan ons uiteindelik weerhou om die straat, die kultuurgrens of die sosiale grense in Suid-Afrika oor te steek.

 

Lees: Hand 1:8

Noem: Die herhaling van "en" is belangrik. Dis nie hier "of" daar nie; dis hier "en" daar.

 

Vraag: Ek glo ons sal Paulus kan klas as 'n "super-dominee"? Sou dit nie beter gewees het vir "sy mense" as hy eerder hierdie gawes en talente in sy "eie land" of "sy eie dorp" toegepas het nie? 
 

Vraag: Waar is Paulus dood?

Noem: In Rome, Italië - een van die rykste & sterkste stede en ryke van daardie tyd.

Vraag: As die dissipels by die arm & siek Jode in Jerusalem gebly het, sou ek & jy Christene gewees het?

Noem: Waarsynlik nie. Ons Voorouers was nie Jode nie; hulle was heidene in Europa of Afrika.

 

Vraag: Maar om ander te kan help, moet jy tog eers jouself en die rondom jou help, reg?
Noem: Dis wat 'n mens noem 'n half-waarheid. Of 'n 10% waarheid. Dis wel iets wat die wêreld te maklik aan ons verkoop en ons 100% glo en waaraan ons nooit versadig sal raak nie. Die volle waarheid: Die son draai nie om die aarde nie en die wêreld draai nie rondom jou nie. It's not about you. Die heelal draai rondom God.

Vraag: Skuld ek God 10% van my tyd, geld en moeite? Lees: Mark 12:30
Noem: A
s ek Mark 12:30 lees, hoe kan ek dan waag om te glo "eers as ek gelukkig is, kan ek die wêreld gelukkig maak"? En "gelukkig" beteken seker 'n 4x4 bakkie, 'n strandhuis, 'n koffie-masjien en 'n six-pack?

Vraag: 'n Sendeling is gevra: hoekom dié vreemde land? Daar is tog genoeg kos, werk, skole, bybels en vryheid van geloof? Is daar nie plekke in SA met groter nood nie? Wat dink jy was die sendeling se antwoord?
Noem: Sy antwoord: Want God het my gestuur. 

Vraag: So moet ek al my geld weggee en oorsee trek?
Noem: Kalmeer. Begin BID. Vra vir God waar Hy vir jou wil gebruik en wees bereid om te gaan.
Noem: Missionaal beteken dat ons doelbewus, strategies en elke dag juis op die donkerste plekke en by die donkerste kwessies sal omgee, ook terwyl ons besig is met ons eie dinge.

 

Vraag: Waar stuur God jou? 
Noem: Ons moet bereid wees om alles te verkoop en ons huise te verlaat. Maar God besluit waar & hoe Hy ons wil gebruik. Vra GOD om vir jou die donker plekke in hierdie wêreld te wys waar jy jou lig moet skyn.
Noem: "Jesus promised his descipels three things - that they would be completely fearless, absurdly happy, and in constant trouble." - William Barclay

 

Vraag: Waar sien jy nood in die wêreld? 
Noem: Bid dat GOD jou sal toerus en bereid sal maak om te help waar HY jou wil gebruik.

 

Sluit af met Gebed
 

Kyk/luister ook gerus na hierdie Youtube video waar Jaco Strydom by NG Weltevreden gepreek het oor sy boek "Leef Lig" tydens die gemeente se 2022 Pinkster.
bottom of page