top of page

Wees goed vir jou vyand

 

Ysbreker: Wat is die slegste ding wat jy al moes eet?
 

Open met Gebed
 

Vraag: As jy hoor “Wees goed vir jou vyande” – aan wie dink jy? Wie kwalifiseer as jou vyand?
Noem: Die grompot
 op die kerkraad, die buurman wat jou hond skop, vriendin wat van jou skinder. Eskom.
Noem: In die vroeë kerk was dit marteling, armoede, dood, tronkstraf agv mense in mag in regering en kerk.

Vraag: Wat sê Jesus oor hoe jy jou vyand moet hanteer?

 

Lees: Luk 6:27-35
 

Vraag: As jy iemand vergewe, beteken dit dat wat hy/sy gedoen het oraait is? 
Noem: Genade & vergifnis sê nie dat wat gebeur het nie sleg, boos of wreed was nie. Jy kan net genade bewys as iets tragies met jou of iemand wat jy liefhet, gebeur het. Vergifnis gee ook nie die persoon toestemming om dit weer te doen nie. Ons keuse is: Word bitter of word beter. Ons moet die gifbeker weerstaan wat die duiwel ons aanbied om te drink. As ons bitter raak, dan droom en wens ons dat die persoon self sal seerkry en pyn ervaar. Ons droom moet wees dat die persoon wat oortree het genesing sal ervaar en sal herstel.

Vraag: Waarvoor word Stefanus (in die Bybel) onthou?
Noem: Amper uitsluitlik vir die feit dat hy die eerste martelaar van die “nuwe kerk” was. Dat hy in ‘n bitter en donker oomblik Christus se lig kon sien en Jesus se kruiswoorde herhaal het.

 

Lees: Handlinge 7:55-60

Vraag: Wens jy soms dat ons kon kerk wees in ‘n gunstige tyd waar Christene veilig, ryk & gemaklik kon wees?
Vraag: Die vroeë kerk het die grootste impak gehad in die donkerste, wreedste tye van die kerkgeskiedenis. Niemand het gesê “O dit lyk lekker, ek wil ook join” nie. Hulle het dalk eerder gevra” “Wat kan ‘n mens so vry maak dat jy in sulke onregverdige omstandighede steeds goeddoen? Hoe gemaklik voel jou kerk nou?

Noem: By Stefanus leer ons dat 'n Lig die helderste skyn in die donker. Wat help dit ons steek 'n kers aan in 'n kamer wat reeds lig is? As ons altyd die "oog vir 'n oog" reël volg, gaan ons almal later blind wees.

 

Vraag: Hoe behoort ons as Christene in moeilike omstandighede op te tree?

 

Lees: Galasiërs 5:22-23
 

Noem: Ongelowiges kan ook vloek en baklei as hulle ontevrede is en onreg ervaar het.
Noem: Miskien moet ons eerder sê "Moeilikheid is ons Besigheid" en besef dat hoe ons Moeilikheid hanteer is 'n groter getuienis as hoe hard ons met die Moeilikeheid baklei. Gewoonlik raak 'n moeilike situasie net erger, hoe harder ons baklei. Christus verwag van ons om die vuur (haat) te stop en vredemakers te wees.
Noem: 'n Boom vat koolstofdioksied en maak suurstof daarmee. God wil hê dat ons soos bome moet wees.
Noem: Wat help dit almal vloek vir Eskom tydens Load-Shedding? Dit help niks. Steek eerder 'n kers aan.

Vraag: Hoe lyk dit om goed te kan wees vir jou vyand?
Noem: Jesus soek meer as pasifisme, hy vra dat ons vredemakers sal wees. En dis harde & onregverdige werk.
Noem: Die heel eerste ding wat God gedoen het is om iets uit niks te maak, lig uit duisternis, goeie dinge uit chaos. Dis asof Jesus ons uitnooi om ook daarmee besig te wees. Genade & Vergifnis is so sentraal in die Christelike geloof, dat sou ons dit wegvat, bly daar eintlik niks oor nie.  Hier is Jesus se uitdaging aan jou en my: wanneer daar duisternis oor jou pad kom, vra jouself altyd: Hoe kan ek 'n lig wees? 

"It is better to light one candle than to curse the darkness."

 

Lees: Rom 12:21

Noem: Klink GENADE onregverdig? GENADE & GEBED vir ons vyande is seker die swaarste, onregverdigste ding wat Jesus van ons vra. Maar onthou: Grace is the only injustice that can make this world a better place.

Vraag: Is daar 'n vyand in jou lewe waarvoor ons kan bid?

Sluit af met Gebed
 

Kyk/luister ook gerus na hierdie Youtube video waar Jaco Strydom by NG Weltevreden gepreek het oor sy boek "Leef Lig" tydens die gemeente se 2022 Pinkster.
bottom of page